Plaas te koop - Port Alfred, Oos-Kaap

Size: 362ha

Price
R 7,200,000

Details

Die plaas vorm deel van ‘n 45 000 ha bewaringsgebied.
Plaas is ideaal vir beeste, wild-teling, jag, toerisme, 4 x 4 roetes, stap- roetes en visvang. Volop geelhoutbome,visarende en aalwyne maak hierdie ‘n besonderse plaas.

Ideaal geleë 25 km vanaf Port Alfred en Kenton-on-Sea, 34 km vanaf Grahamstad en 150 km vanaf Port Elizabeth en Oos-London

Deel 1:
231 ha, 5.1 km wildheining (5 kampe), met skuifhekke, 7 km wildheining in totaal (2.4 m hoog) Uitstekende drakrag van ongeveer 3 - 3.5 ha per GVE
5 Arbeiders huisies met ‘n lieflike uitkyk oor die groot plaasdam, ideaal om te omskep in oornag- eenhede,
Daar is ook 2 kleiner strukture. Klinkersteen-huis met ‘n pragtige uitsig bestaan uit 4 Slaapkamers, 2 badkamers, groot kombuis, eetkamer en sitkamer. Die huis het veiligheidskameras en veiligheidshekke, 200 m². Motorhuis van 53 m² , tans omskep in ‘n gimnasium. Erf ten volle geëlektrifiseer, een- fase krag met boorgat en sonpaneel asook ou sementdam.
Groot plaasdam, geen waterregte. Die dam is meer as 30 jaar oud en was nog nooit weer leeg nie. Groot swartbaars (bass) in die dam vir die afgelope 10- 20 jaar

Deel 2:
131 ha, 4.7 km wild heining (2.4 m hoog)
Uitstekende drakrag van ongeveer 2.5 ha per GVE
Ou sementdam en krippe
Skietbaan

Twee dele moet saam verkoop.
Port Alfred is ‘n lieflike kusdorpie met verskeie skole, privaat hospitaal, groot supermarkte, goeie mediese dienste en Stenden Universitietskampus. Baie gewilde area onder toeriste. Plaas val binne ‘n area wat deur Panther Sekuriteitsdienste beveilig word en een van die veiligste gebiede in die Oos-Kaap.

Gemiddelde reënval van 650 mm per jaar.

Wild wat tans voorkom op die hele plaas sluit in waterbokke, rooibokke, rooihartbeeste, njalas, bosbokke, koedoes, rooi ribbokke.

REDE VIR VERKOOP: Benodig fondse om uitbreidings op res van die plaas te finansier.

Interested?
Leave your details. We will get back to you.