ABOUT SA WILDLIFE STOCK

SA Wildlife Stock is ‘n nuwe konsep in die wildbedryf met die doel om die bemarkingsproses vir almal wat wild aankoop of verkoop, te vergemaklik!

Ons is reeds 18 jaar in die wildbedryf en het ons al telkemale vasgeloop in sogenaamde agente wat geen benul het van die industrie, pryse of die diere nie maar net probeer om ‘n vinnige wins te maak. Indien iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik nie waar nie!

Hier by SA Wildlife Stock poog ons om die beste moontlike diens aan die kliënt te verskaf sodat hy weer van ons dienste sal gebruik maak. Ons roem op ons eerlikheid en lojaliteit en beskik oor die nodige kennis asook eerstehandse ondervinding van die wildbedryf. Integriteit en eerlikheid is van meer belang vir ons as om geld te maak.

Ons poog om hoë gehalte diere teen markverwante pryse te bemark. Geadverteerde pryse sluit nie die 14% BTW en 5% kommissie in nie. Die koper mag met die verkoper onderhandel om ‘’n gedeelte van die kommissie te betaal.

SA Wildlife Stock beskik oor ‘n uitgebreide databasis bestaande uit boere, telers en sakemanne in die bedryf aan wie jou diere via e-pos, sms sosiale media en ons webwerf bekend gestel word. Ons bemark jou diere na die beste van ons vermoë te einde die diere verkoop te kry.

Gun ons asb die geleentheid om jou diere namens jou te bemark of om daardie spesifieke diere wat jy benodig, vir jou te bekom.